Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Krag in realiteit van boek

Die seders van Libanon
Adriana Faling
Uitgewer: Lux Verbi, 2019


Die seders van Libanon is boei­ende, vinnig-bewegende fiksie wat jou van die begin af intrek en jou vashou tot aan die einde. Ek het dit in een sitting deurgelees!

Faling is ’n uitstekende skrywer wat nie net ’n goeie storie kan spin nie, maar dit op ’n boeiende manier kan oordra. Met deernis en egtheid word die verskillende karakters se verhale oorvertel, sonder om soetsappig te wees.

Die krag van hierdie verhaal lê in die realiteit waarin dit gewortel is: die Vervolgde Kerk, internasionale vlug­te­linge-krisis en onrus in die Midde-Ooste. Hierdie uiters aktuele on­der­werpe word van verskillende kante en uit verskillende oogpunte belig deur middel van verskillende karakters se verhale. Agtergrondinligting wat die leser mag benodig, word op ’n baie natuurlike manier in die narratief ingeweef – ’n vergadering waarin iemand verslag lewer, ’n WhatsApp-gesprek.

Wanneer die lyne aan die einde op ’n baie bevredigende manier bymekaarkom, laat dit die leser nie alleen met meer kennis nie, maar beslis ook met meer deernis. Hierdie boek is ’n uitstekende manier om die mense van die Midde-Ooste in Westerse Christene se harte te plant.

Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant van Port-Elizabeth.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top