Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Moet vir volwassenes

In jou gedagtes deur Herman van Veen en Alida Bothma
Uitgewer: Protea Boekhuis, 2020


Asemrowend. Beeldskoon. Skok­kend. Prettig. Ontstellend. Speels. Dapper. Weerloos. Verruklik vreemd. Dit is net ’n paar woorde waarmee ’n mens In jou gedagtes kan beskryf. Dit beskryf ook jou ervarings met die lees van die boek.

In jou gedagtes is droomstukkies wat in verskillende afdelings vir jou sê wat in jou gedagtes kan gebeur. Jy kan net mooi orals wees (in ou pajamas in Lima); wees wat jy wil (so groot soos ’n berg); alles word; doen wat jy nie kan doen nie (skaats op die gras); hê, hê, hê (niks); begryp wat jy nie verstaan nie (’n kindjie wat doodgaan).

Dit is nie ’n Christelike boek per se nie, hoewel daar byvoorbeeld ’n verwysing is na Jesus aan die kruis. Tog speel ’n Christelike ondertoon tergend wegkruipertjie in Bothma se besonderse illustrasies, soos die teks van die Ons Vader-gebed in ’n illustrasie van ’n omhelsing, of Bybeltekste in plekke van aanbidding.

Na my oordeel is hierdie ’n boek wat alle volwassenes moet hê. Jy kan dit oor en oor lees, geniet, aanstaar en bewonder. Dan kan jy besluit hoe jy dit vir jou kinders gaan lees, wat dit waarskynlik nog meer gaan geniet as jy. Om deur In jou gedagtes te blaai, is om die ongemaklike, beeldskone kontras van die lewe in jou hand vas te hou.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top