Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Wend e-kerk só aan

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Lodie Venter van Pretoria skryf:

Ons almal sien met groot afwagting uit na die heropening van ons eredienste.

Tog wil ek vra dat daar voortgegaan word met die aanlyndienste / e-kerk. Daar is vele geleenthede waar e-kerk met groot vrug aangewend kan word. Hier is enkele idees:

  1. Huisgodsdiens: Sondag se preek kan opgevolg word met ’n boodskap gedurende die week wat kan dien as ’n begin vir huisgodsdiens.
  2. Werk op Sondag: Daar is baie mense wat op Sondae moet werk en wat nie ’n kerkdiens kan bywoon nie – byvoorbeeld mediese personeel.
  3. Bybelstudie: Dit word reeds deur enkele gemeentes gedoen. ’n Boodskap word per video gestuur wat met notas per e-pos aangevul word.
  4. Jeug: Ons kinders doen dit elektronies. Dit is hulle wêreld en die beste metode om die jeug te bereik.
  5. Oordenking: Ek het gereeld die behoefte om weer na die erediens te luister. Die aanlyndienste maak dit moontlik om die preek te stop, ’n teksvers op te soek en dan verder te luister. Dit help ook om gedurende die week weer na die preek terug te gaan om weer te luister en gedagtes te orden.

Die aanlyndienste is vir ons gesin ’n positiewe verandering en ons hoop dat dit ’n permanente instelling van die kerk sal word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top