NG KERK
BEROEP: Prop Tom Smith na Fontainebleau Gemeenskapskerk as diensleraar met opdrag Prediking en Geloofsbegeleiding; prop Schalk van Heerden na Fontainebleau Gemeenskapskerk met opdrag Gemeenskapsbediening/Diakonaat.
OOS-KAAP
emeritaat
Ds Pieter Bernardus Swanevelder van Sondagsrivier-Kirkwood het op 31 Mei 2020 geëmeriteer. (J Janse van Rensburg, 03.06.2020.)
VRYSTAAT
emeritaat
Neem kennis dat ds André (AJ) Koenig na 34 jaar diens by die NG Kerk Bethelehem-Oos op 30 Junie 2020 emeriteer. (Tertius Lamprecht, RS, 02.06.2020.)
Bevestiging
Ds Tano Bongers word op 4 Julie 2020 om 11h00 in die NG Gemeente Dealesville bevestig . Hy was voorheen leraar in Schweizer-Reneke. Die bevestiging word waargeneem deur ds Jean van Biljon van Soutpan. (Annamarie van Biljon, Skriba).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
