Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die stigtingsvergadering van die South African Bible Society vind op 23 Augustus 1820 plaas in Government House (die huidige Tuynhuys), met Sir Rufane Donkin, die Waarnemende Goewerneur aan die Kaap, as voorsitter. Dit was die amptelike begin van Bybelgenootskapwerk in Suid-Afrika.

Die Bybel: Hoop vir almal

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ’n missionale beweging met ’n eenvoudige en gefokusde visie: ’n Bybel vir elkeen! Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar. Dit word bereik deur die Bybel in alle tale te vertaal, dit in verskillende formate te publiseer en dit na alle uithoeke van Suid-Afrika te versprei.

Die Bybelgenootskap vorm deel van die wêreldwye netwerk van 150 Bybelgenootskappe wat saam die Wêreldbond van Bybelgenootskappe (United Bible Societies) vorm. Die Bybelgenootskap bestaan om die kerke van Suid-Afrika toe te rus om Gods Woord met ander te deel. Dit funksioneer in vyf streke in die land en is afhanklik van vrywillige bydraes om sy Christelike missie te vervul. Hoogtepunte om voor dankbaar te wees in die 200 jaar van bestaan van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1820-2020.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top