NG KERK
Beroep: Ds Landi Botha van Rietfontein-Suid na Lyttelton; ds Deseré de Beer van Hluhluwe na Hoopstad.
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Andries Petrus (Dries) Coetzee is op 1 Aug 2020 as leraar in die NG Gem Philipstown bevestig. Ds Coetzee het op 30 April 2020 emeritaat aanvaar by die gemeente Keetmanshoop in Namibië. (NGK Philipstown, 01.09.2020).
ringsitting
Kennis word hiermee gegee van die 82ste sitting van die ring van Pietersburg/Polokwane op 20 Sep 2020 om 16.00 by Renosterpoort gemeente. (M Horn, Ringskriba, 03.09.2020).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ds Deseré de Beer van NG gem Hluhluwe het die beroep na NG gem Hoopstad aanvaar. Die bevestiging sal DV plaasvind op 1 Nov 2020. (Zibbie du Toit, Sakebestuurder, 28.08.2020).
GOUDLAND
ringsitting
Die 82ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind plaas op Maandag 5 Oktober 2020 om 8:30 by NG gemeente Coligny. (Ds Ben Botha, Ringskriba, 09.09.2020).
NOORDELIKE SINODE
KURSUS OM AS SPIRITUELE BEGELEIER OPGELEI TE WORD
Die kursus word in sewe blokke van drie dae aangebied oor ’n tydperk van 15 maande. Die klem lê op ervaring en inoefening. Meestal by Stellastraatgemeente van die NG Kerk in Brooklyn, Pretoria, en gedeeltelik by Origins Retreatsentrum naby Krugersdorp. Dit val onder toesig van die NG Ring van Suidoos-Pretoria en is ook met Excelsus van die NG Kerk gekoppel. Predikante kan 150 VBO-punte verdien. Daar is sewe aanbieders betrokke. Volgende jaar se kursus sal die 12 de een wees. Aansoeke sluit 30 Sep 2020 en die kursus begin op 22 Feb 2021. Volledige inligting te kry by sentrumvirspiritualiteit/aktiwiteite/kursusse/kursus in spirituele begeleiding. Navrae by Willem Nicol, wnicol@mweb.co.za of 083 966 7831.
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
