Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 9 Oktober 2020

NG KERK

BEROEP: Ds Dirk Venter van Swartruggens na Vrede.

NOORD-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds MF Scholly van Delportshoop emeriteer op 17 September 2020. Ds C de Witt van die Ring van Griekwastad het sy Akte van Emeritaat op 13 September tydens die erediens aan hom oorhandig. (Hannelie Ollewagen, Skriba, 15.09.2020).

RINGSITTING

Graag gee ons kennis van die 37ste gewone ringsvergade­ring van die Ring van Hanover wat op die plaas Hondeblaf in die distrik Petrusville plaasgevind het op Maandag 5 Oktober. (Henry Williams, waarnemende ringskriba, 28.09.2020).

KWAZULU-NATAL

EMERITAAT

Ds Hennie van Schalkwyk het geëmeriteer en op 27 September 2020 sy laaste erediens by die Nuwe NG Kerk Vryheid (ou Moeder en Wes) gelewer. (Nico Els, Saakgelastigde, 28.09.2020).

GOUDLAND

EMERITAAT

Ds PJ Stofberg van Paardekraal-Monument emeriteer op 31 De­­sember 2020. (Anton Mieny, 12.09.2020).

NOORDELIKE SINODE

BEVESTIGING

Dr CJ Truter het die beroep as brugleraar vir ses maande na NG gem Elandsrand, Brits aanvaar en sal vanaf Januarie 2021 by die gemeente aansluit. (Elsie de Waal, Saakgelastigde, 28.09.2020).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top