Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Karel Verhoef

Radiokansel 657 AM stel nuwe uitvoerende hoof aan

Ds Karel Verhoef, voorheen be­dryfshoof van Radiokansel 657AM, is as die nu­we hoof- uitvoe­ren­de beampte (HUB) van die Christen-radiostasie aan­gestel. Dit volg na die uittrede van dr Roelf Petersen uit sy pos as uitvoerende di­­rek­teur van die Kansel Media Groep (KMG), na twin­tig jaar diens.

Verhoef werk reeds 24 jaar by Radiokansel en het uitgebreide kennis van die stasie se bedrywighede, lui­dens ’n verklaring wat op 15 Oktober uitgereik is. Hy is ’n geordende predikant in die NG Kerk, het ’n meestersgraad in besigheidsadministrasie (MBA) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) voltooi en is ’n geregi­streerde psigometris by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA).

Sy visie vir Radiokansel sluit in:

  1. Om ’n betroubare, relevante en treffende Christelike mediastem in SA te wees;
  2. Om ’n vinnig-aanpasbare media-organisasie in die digitale era in SA te wees;
  3. Om ’n betroubare korporatiewe burger van SA te wees; en
  4. Om ’n betroubare rentmeester te wees teenoor die donateurs van Radiokansel.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top