NG Kerk
BEROEP: Ds Annatjie Steyn na Pietermaritzburg-Noord; dr Diederick Johannes (Dirk) Venter van Swartruggens na Vrede.
AANVAAR: Ds Landi Botha van Rietfontein-Suid na Lyttelton.
NOORD-KAAPLAND
EMERITEER
Ds GP Barnard van Oranjevallei en ds TE Smit van Upington-Wes sal DV emeritaat ontvang einde November 2020. (Ds Theunis E Smit, Ringskriba, 13.10.2020).
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Ds Armando le Roy Fraenkel het die beroep na NG gem Umhlanga aanvaar. Hy word op 1 November in die amp bevestig en lewer sy intreepreek op 8 November. (Christa Bester, Skriba, 14.10.2020).
NOORDELIKE SINODE
BEVESTIGING
Prop CF (Erick) Mulder het die beroep na NG gem Blouberg aanvaar. Hy word op 31 Oktober in die amp bevestig en lewer sy intreepreek op 1 November. (Ds Bertus Badenhorst, 06.10.2020).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
