Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Uitnodiging om saam te bid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf:

Ons is ’n groep gelowiges wat beoog om vir 24 ure saam te bid op die 14de en 15de November. Die land en sy inwoners het gebed nodiger as ooit. Selfs voordat die virus op ons toegeslaan het, was die ekonomie op ’n laagtepunt en na die langdurige inperkinge, selfs erger as tevore. Baie mense is werkloos en weet nie waar hulle volgende bord kos vandaan sal kom nie. Daar is ’n oproep tot persoonlike selfondersoek en verootmoediging en uitreik na ander. Ook op politieke gebied is daar vele binnegevegte waarvoor gebid moet word.

Kliek hier vir gebedsriglyne om saam met ons die aangesig van die Here op te soek net waar jy is.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top