Orde van die Beiteltjie: Virtuele Toekennings 2020

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

Wanneer:  Maandagaand, 30 November 2020, om 19:00

Waar: Regstreeks op YouTube


Die gesogte Ordes van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie word vanjaar weer toegeken vir volgehoue geesdrif, betrokkenheid, deelname en eiesoortige sigbare resultate met verskeie aspekte van die Afrikaanse woordkuns in gemeenskapsverband.

Die toekennings, sal op Maandagaand, 30 November 2020, om 19:00, virtueel tydens ’n beeldstroom op Facebook en hier op YouTube toegeken word. Nie minder as 30 toonaangewend woordkunskeppers- en fasiliteerders het sedert 2015 Ordes van die Beiteljie vanaf die Afrikaanse Woordkunsakademie, wat deur die Cordis Trust bedryf word, ontvang.

Onder hulle is bekendes soos Marie Bredenkamp, Kobus Burger, Clinton du Plessis, Lisa Hanggli, Jopie Koen, Myra Lochner, Danie Marais, Mathys Roets, Lieze Stassen, Lizanne Barnard en Petro Hansen. Dr. Fanie Marais, Uitvoerende Trustee van die Cordis Trust, het gesê dit was inspirerend om te sien hoe Afrikaanse woordkuns gedy, selfs te midde van die beperkinge van die Covid-pandemie. “Met dié toekennings wil ons skryf-, dig-, drama- en liriekekuns aanmoeding met die klem op die ontginning van nuwe geleenthede.” “Ons wil belangstellendes uitnooi om in te skakel op ons beeldstroom op Maandag, 30 November 2020, op Facebook en op YouTube, en om saam met ons die inspirende werk van die ontvangers te vier. Die toekennings word op Cordis Trust se Facebook blad, www.facebook.com/cordistrust en YouTube-kanaal, https://bit.ly/cordisYT, gebeeldstroom.

Word 'n vriend van Kerkbode