Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kinders se dinge: van prettig laf tot roerende vertellings

Vat 5! ’n Versameling prenteboeke met stories deur Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Wendy Maartens, Theresa van Baalen, Marita van der Vyver en illustrasies deur Alida Bothma, Zinelda McDonald, Alzette Prins, Maja Sereda en Chris Visser
Uitgewer: Lapa Uitgewers, 2021


Met radikaal verskillende illustrasiestyle, wissel die stories in hierdie versameling van prettig laf tot roerende vertellings van kinders se worstelinge. So vorm dit ’n goeie balans wat daarin slaag om nie prekerig te wees nie.

Jacobs en Sereda se Haasmoles is vrolik en snaaks. De Villiers en Prins vertel hoe almal aan Parmant die krokodil wil vat – van drukkies tot kielie tot knibbel. Maar Parmant antwoord telkens kordaat: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Van der Vyver en McDonald se Die coolste ouma op aarde herinner ons dat nie alle oumas lyk soos die tradisionele storieboekouma nie – party is dokters, ander dra swart en rock. In prettige rym vertel Van Baalen en Venter van Karla Krullebol wat besluit om nooit haar hare te was of te kam nie. Jy sal nie glo wie daarin kom woon nie! Maartens en Bothma stel ons voor aan Prinses Mossienes, wie se pappa en mamma so baklei dat haar pappa uiteindelik weggaan en nie meer by hulle woon nie.

Alles in een handige boek wat kinders sal geniet.

  • Ds Rethie van Niekerk is predikant van Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top