Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dr Daniël de Wet. Foto: NG Kerk Stellenbosch-Wes

Daniël de Wet beroep as nuwe predikant in sinodale diens

Die Sinode van Wes-Kaapland het pas vir dr Daniël de Wet van NG Gemeente Stellenbosch-Wes beroep as predikant in sinodale diens (PSD) in die Diensgroep vir Getuienisaksie, berig VrydagNuus van 18 Junie 2021.

De Wet het voorheen gedien as predikant by gemeentes in Suider-Paarl, Durbanville-Bergsig en Knysna. Hy is sedert 2016 ’n leraar by NG Kerk Stellenbosch-Wes. Sy doktorsgraad het hy behaal in Ou Testament en is getiteld: “Wisdom and Ubuntu: A close reading of Proverbs 1 – 9 in dialogue with African Ubuntu”.

Hy is getroud met Elmien, ’n grafiese kunstenaar, en hulle het drie kinders Lisa, Daniël en Ami.

Die pos se fokus val op die missionale begeleiding van gemeentes en Afrika-ekumene. Daar is ook ’n aantal bestuursverantwoordelikhede aan die pos gekoppel, wat die volgende insluit:

  • Begeleiding van gemeentes in hulle missionale getuienisverantwoordelikheid.
  • Ondersteuning van vennootskappe met die NG Kerk se susterkerke in Zimbabwe, Mosambiek, Malawi, Nigerië en Kenia.
  • Administrasie en bestuur: begroting- en bestuursfunksies van die Gesamentlike Diensgroep vir Getuienisaksie.

Die PSD sal dus ten nouste saamwerk met die Diensgroepe Diaconia, Familie- en Jeug- asook Gemeentebegeleiding.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top