- Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
- Hierdie kennisgewings is op 29 Julie opdateer.
NG KERK
BEROEP: Ds Derick Claassens van NG Kerk Rensburg (Heidelberg) na Meyerspark; ds Johan Visser van die Woodlands Hill Gemeenskapskerk in Bloemfontein na Stellenberg.
AANVAAR: Ds Derick Claassens van NG Kerk Rensburg (Heidelberg) na Meyerspark; ds André de Villiers van Kathu gemeente het die beroep na Valleisig; dr Daniël de Wet van Stellenbosch-Wes as PSD: Missionale Begeleiding en Afrika Ekumene; ds Du Toit Wessels van Agter-Paarl na Kraggakamma.
WES-KAAP
BEVESTIGING
Ds JJ (Cobus) Swanepoel voorheen van NG Gemeente Goodwoodpark is op 3 Julie 2021 per zoom-geleentheid deur prof Marius Nel bevestig in die NG Gemeente De Tyger. (S van Dyk, Skriba, 05.07.2021).
EMERITAAT
Ds EC (Eddie) Orsmond van die NG Gem Wellington-Oos het sy akte van demissie by emeritaat ontvang op 30 Junie 2021. (Johan Crous, Ringskriba, 05.07.2021).
DEMISSIE
Ds SC Bester ontvang op 31 Julie 2021 emeritaat van die NG Gemeente Worcester-Noord. (DS PJH Eloff, Ringsvoorsitter, 29.07.2021).
RINGSVERGADERING
Die 93ste sitting van die Ring van Clanwilliam sal DV op 12 en 13 September 2021 om 17:00 by die Strandfontein VCSV-kampterrein plaasvind. (Ds Karlien Becker, Ringskriba, 27.07.2021).
OOS-KAAP
BEVESTIGING
Ds Du Toit Wessels sal met ingang 1 Augustus 2021 by NG Kerk Kraggakamma in diens tree. Hy lewer sy intreepreek op Sondag 15 Augustus 2021 en sal ook by hierdie geleentheid in die gemeente bevestig word. (Niekie Oosthuizen, Gemeentebestuurder, 21.07.2021).
NOORD-KAAP
DEMISSIE
Ds JN Heymans het op 30 Junie 2021 demissie van die NG gemeente Vosburg ontvang. Hy het diens aanvaar op 1 Julie 2021 as kapelaan in die SAPS. (Attie Botha, Ringsvoorsitter, 28.07.2021).)
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Willem Johannes Griesel het die beroep na NG Hertzogville aanvaar. Sy bevestiging vind plaas op 1 Augustus 2021. (Martie de Koker, Skriba, 12.07.2021).
GOUDLAND
RINGSITTING
Die 83 ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind plaas op Maandag 2 Augustus 2021 om 09:00 by NG Lig en Lewe. (Ds GSM Enslin, Ringskriba, 13.07.2021).
NOORDELIKE SINODE
EMERITAAT
Ds WA (Willie) Potgieter lewer DV op Sondag 1 Augustus sy afskeidspreek na ’n bediening van meer as 36 jaar in die gemeente Warmbad-Wes. Daarna sal sy akte van emeritaat wat op 30/09/2021 geldig sal wees, deur sy medeleraar van meer as 32 jaar en skriba van die Ring van Waterberg, ds TR (Theuns) Kriek, aan hom oorhandig word. (Ds TR Kriek, Ringskriba, 07.07.2021).
