Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, Oktober 2021

  • Hierdie kennisgewings is op 27 Oktober opdateer.
  • Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEP: Ds JAR (Rudolph) Botha van Carletonville-Suid na Witpoortjie; prop Jan Hendrik Coetzer van Durbanville na Vaalwater; ds SMJ (Sarel) Dry van Greylingstad na Warmbad-Wes; prop Marthiens Heymans van Grimbeeckpark na Klerksdorp-Oos; prop Brits Janse van Rensburg, jeugwerker by Aan-die-Berg na NGG Harare, Zimbabwe; emeritusleraar ds JT Kemp na Cornelia in ’n vastetermynpos; ds N van der Walt van Buffelfsjagsrivier na Paarlberg.

AANVAAR: Dr Gavin Meistre van Garsfontein, Pretoria na Coligny.

WES-KAAP

EMERITAAT

Dr GJ Van Deventer van die NG gemeente Mosselbaai lewer sy afskeidspreek op Sondag, 24 Oktober 2021 en emeriteer op 31 Oktrober. (André Kritzinger, Ringskriba, 13.10.2021).

NOORD-KAAP

EMERITAAT

Dr Jacobus Petrus Conradie, leraar van die NG Kerk Keimoes het op 30 Augustus 2021 geëmeriteer en op 3 Oktober 2021 sy akte van emeritaat ontvang. Die diens was gelei deur ds S Schoeman. (Ds MFR Geyser, Ringskriba, 04.10.2021).

VRYSTAAT

EMERITAAT

Ds JT Kemp ontvang sy akte van emeritaat tydens ’n spesiale kerkraadsvergadering van Cornelia-gemeente gehou op 30 September 2021. Die konsulent, ds TJ Lessing oorhandig dit namens die Ring van Harrismith aan hom. (Ds FUO Ohlhoff, Ringskriba, 01.10.2021).

Ds G Marx ontvang sy akte van emeritaat op Sondag 3 Oktober tydens ’n afskeidserediens in Warden-gemeente. Ds FUO Ohlhoff oorhandig dit tydens die erediens aan hom. (Ds FUO Ohlhoff, Ringskriba, 01.10.2021).

GOUDLAND

EMERITAAT

Dr Johan Frederik Malan, leraar van die NG gem Ventersdorp, het op 5 Oktober 2021 geëmeriteer en sal op Sondag 31 Oktober 2021 sy akte van emeritaat tydens die oggend erediens ontvang. (Ds MJ de Beer, Ringskriba van die Ring van Potchefstroom, 21.10.2021).

OOSTELIKE SINODE

SINODESITTING

Die 19e sitting van die NG Kerk Oostelike Sinode vind plaas op 17-18 November 2021 by die gemeentesentrum van die NG Kerk Skuilkrans. (FJ Retief, Uitvoerende Amptenaar, 12.10.2021).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top