Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Belese teoloog oor God wat ons ook ‘anderkant verstaan’ ontmoet

Verby ons gedagtes deur Willem Nicol
Uitgewer: Bybel-Media, 2021

Willem Nicol se nuutste boek, Verby ons gedagtes: Oop vir verrassende ontmoetings met God, is op die rakke en ’n heerlike feeslees lê hiermee voor! Dit is ’n “volwasse” boek: die geboorte daarvan het bykans 20 jaar tevore reeds in Nicol se gedagtes plaasgevind. Máár, om oor God te skryf, vra geloofsvolwassenheid. Ek glo dat dit ook hulle is wat erns wil maak met geloofsverdieping, wat dié boek sal wil lees.

LEES OOK: Die aardse Jesus nooi mense om Hom te volg

Ons het almal vrae oor die lewe. Só ook het almal prentjies van God. Nicol “dissekteer” (met die skalpel van annekdotes uit sy eie lewe, sowel as voorbeelde uit jare se geloofsbegeleiding) die sogenaamde “gesonde” van die “ongesonde” prentjies om op dié manier ook by vernuwende insig oor ons lewe te kom.

’n Rasionele verstaan van God is aan Protestante goed bekend. Tog wag “God, die ontwykende Teenwoordigheid” (bl 23) om ons “anderkant verstaan” ook te ontmoet. Hoe verarm ons onsself nie as ons nie die volle moontlikheid van intimiteit met God wil omhels nie!

Koop boek hier.

Die boek bestaan uit ses hoofstukke en ’n stilword-bylaag. Elke hoofstuk bespreek ’n spesifieke Godsprentjie en eindig met riglyne vir nadenke. Ons “prentjies” van God staan nooit in isolasie van ons gemeenskap nie; daarom is hierdie ’n besonderse projek: dit is ook as ’n 12-weke gids vir Bybelstudie-/gespreksgroepe beskikbaar.

Verby ons gedagtes lees maklik, alhoewel die eenvoud van die skryfstyl die lesers nie moet mislei nie. Dit is ’n poëtiese kunswerk met van die mooiste gebede in die blaaie ingevleg, en die werk van ’n uiters belese teoloog.

LEES OOK: Bespreek nou: Toergids-dominee hervat pelgrimsreise met LiG-toere

Die boek is beskikbaar by Bybel-Media, saam met ’n gespreksgids vir groepe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top