Wanneer ‘onthou’ ons help vorentoe kyk

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Ek hoor deesdae maar min dat mense nuwejaarsvoornemens het. Eerder dat hulle nog ’n ongebruikte stel van verlede jaar het.

Beteken dit dat die meeste mense opgehou het om te droom oor hulle eie toekoms? Die kombinasie van Covid-19, politiek en die ekonomie is nogal dodelik vir drome. Baie van ons het, behalwe ongebruikte nuwejaarsvoornemens ook halfgebruikte dagboeke en jaarbeplanners van die afgelope twee jaar.

Lees ook | 2021: Wat leer die data ons?

Die ander kant is dat ons nie kan bekostig om op te hou dink en droom oor die toekoms en wat ons wil word nie. En dit geld nie net vir jongmense nie, om (net) in die verlede te leef is nie goed vir ’n mens se geestelike gesondheid nie. Dit pas ook nie by gelowiges nie.

In die Bybel is onthou baie belangrik. Die Here roep sy mense gereeld om te onthou waar hulle vandaan kom, en veral van die getrouheid van God oor geslagte en jare. Maar nie onthou as nostalgie, terugverlang na die “goeie ou dae” nie. Ons moet onthou omdat dit die fondasie is waarop ons bou, dit gee ons sekuriteit om te droom oor die toekoms.

Dr Lourens Bosman is die algemene bestuurder in die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk.

Word 'n vriend van Kerkbode