- Hierdie kennisgewings is op 25 Maart 2022 opdateer.
- Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NOORDELIKE SINODE
GEGROET
Die NG gemeente Rietfontein-Suid neem op Sondag, 27 Maart 2022 na 27 jaar afskeid van ds Leon en Monique Tait. Ds Tait lewer om 09:00 sy afskeidspreek, waarna tee in die kerksaal bedien word. Die Taits verhuis na Durbanville-Bersig gemeente (Elna du Plessis, Skriba, 25.03.2022).
BEVESTIGING
Ds Petro Jonker begin op 1 April 2022 as voltydse predikant in die NG gemeente Rietfontein-Suid. Die gemeente verwelkom ds Jonker op Sondag, 3 April 2022, gevolg deur tee in die kerksaal. Ds Jonker was vanaf 1 Julie 2019 in ‘n vastetermynpos by dié gemeente, wat nou verander is na ’n voltydse predikantspos. (Elna du Plessis, Skriba, 25.03.2022).