Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Foto-krediet: Anneliene De Bruyn

Plaasstoepstudies

Hierdie skrywe is deel van Kerkbode se nuwe gespreksforum vir teologiese studente. Hierdie afdeling is in ’n toetsfase. Bydraes word nie voor publikasie deur Kerkbode se proefleser versorg nie.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


So bevind ’n EKSTROVERT meisie van die Kaap haar op ’n plaas in Sutherland. Nie in die dorp nie, maar baie sentraal op ’n plaas…ver van alles! Die oop vlaktes, skape en vars lug laat my ingeperk voel. Ek het nog soveel om te bied, soveel wat ek wil doen en wil uitleef, maar al wat ek sien is baie hoë berge. Net op hierdie oomblik leer ek een van my vele lesse op my reis. Waar ons onbeweeglike berge sien, wys God vir ons die 4 x 4 pad uit tot bo-op die berg en lê die hele Ps 19:2 voor jou uitgestrek. “Die hemele vertel die eer van God en die uitspansel verkondig die werk van Sy hande”.

LEES OOK: Nog studentebydraes

Na ’n lewe van kompeterende sport (dubbel Springbok kleure in atletiek en netbal), studies in voet vryf (Terapeutiese Refleksologie) en kopwerk (Berading Sielkunde) is ek nogsteeds honger en is daar nog ’n hol kol, ‘n leemte wat ontbreek…God’s Woord wat kort, wat nog altyd ingevleg deur my lewe was, wil nou in ‘n meer gestruktueerde vorm uitgebasuin word! Maar hoe gemaak, ek is hier op die plaas en Kweekskool 4 000km ver van my?
Ek sien ’n deur wat nie op knip is nie en hard en duidelik roep dit my naam! Adri, dis nou jou tyd! Die aanlyn geleentheid wat daargestel word vir die nuwe teologie bane maak dit moontlik om my X-faktor, kruis-faktor ten volle te kan begin uitleef. Hier van die plaas af begin my amptelike teologiese studies, Bedienaars, NGDT, Grieks, Hebreus en nou MTh in bedienings praktyk! Wow! Vanaf my plaasstoep, bediening op my tuisdorp, terugploeg, alles tot eer van Sy koninkryk! Wat ’n belewenis, verdieping…”EK is tot alles in staat deur Jesus Christus wat my krag gee” Filipense 4:13. God bekwaam jou vir die regte tyd op die regte plek en word Sy uiteinde altyd bereik.

KERKBODE: SELF ’n STUDENT? SKRYF VIR ONS?


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.