Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Riaan Pienaar (1956-2021)

Jan Adriaan Pienaar is op 5 Desember 1956 gebore op Vryburg in Noord Kaapland, in die omgangstaal bekend  as die beeshemel. Sy vader is Stephanus  Willem Pienaar, ’n boer in die distrik  en sy moeder is Lasea Francina van der  Walt, ’n onderwyseres. Riaan begin sy  skoolopleiding in 1964 op Vryburg en  matrikuleer in 1975 aan die Hoërskool  Vryburg. In sy tienerjare blink hy uit in  atletiek en kry erekleure in sport in die  Griekwaland-Wes-streek. Hy volg in  die voetspore van sy vader om te boer  en studeer van 1976 tot 1978 landbou  aan die Technikon in Pretoria en behaal  ’n Diploma in Landbou. Hy trou op 4  Oktober 1986 met Ina Schoonraad  en twee kinders word uit die huwelik gebore, Inamari en Stephanie. Die Here het egter ’n ander plan met Riaan en hy word soos die Bybelse  Amos geroep om voltyds in diens van  die Here te staan. Hy studeer van 1985  tot 1990 aan Tukkies en behaal die BA  (Admissie)-graad wat hom toegang gee  tot die Fakulteit Teologie (Afd B) aan  die Universiteit van Pretoria waar hy  die BD-graad in Teologie behaal. Hy  is ’n ware student en geniet die studietyd terdeë. Die skripsie vir die graad  is: “Nuwe mens as uitgangspunt en  mikpunt van pastorale berading.” Hy  studeer verder en behaal die MTh- en  die DTh-grade aan die Universiteit van  Suid-Afrika.

Prop JA Pienaar word aan die einde van 1990 as proponent van die NG Kerk gelegitimeer en word in die lente van  1991 met handoplegging bevestig in  die NG Gemeente Verwoerdburgstad,  wat later verander word na Kerksondermure. Weens mediese redes aanvaar  hy op 1 Maart 2012 sy demissie en die  egpaar woon later in Centurion. Hy sterf  op 6 Julie 2021. – Dr Gerdrie van der  Merwe VDM

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top