Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Thulani Maseko. Foto: Via https://sacc.org.za/

Elders gelees | SARK reageer op die ‘skokkende’ dood van Thulani Maseko in Eswatini

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.


Biskop Malusi Mpumlwana het in die mediaverklaring hieronder skok en medelye uitgespreek oor die dood van menseregteprokureur Thulani Maseko, wat in Januarie vanjaar vermoor is. Maseko was wêreldwyd bekend as ’n kampvegter vir geregtigheid en demokrasie in Eswatini, luidens die verklarling wat op 23 Januarie namens Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) uitgereik is via hul nuusbrief aan intekenaars. Die verklaring lui:

Maseko is doodgeskiet kort nadat die monargie na berig word ’n waarskuwing uitgereik het aan diegene wat vir demokrasie in die klein koninkryk vra. Eswatini het ’n betreurenswaardige reputasie as ’n polisiestaat, waar burgers wat die bewind van koning Mswati III teëstaan, aan koelbloedige dade van vervolging onderwerp word. Die tydsberekening van Maseko se dood kan dus nie toeval wees nie, gegewe sy herhaalde opsluiting vir sy openbare teenkanting van die monargie. Dit is ’n brutale daad van intimidasie teen die burgers van Eswatini. “So ’n omgewing van sosiale beheer het Eswatini beroof van ’n moedige vegter vir menseregte en demokrasie. Hy het die hoop van baie in die koninkryk beliggaam, dat Eswatini eendag ’n demokratiese bestaan kan geniet,” het biskop Malusi Mpumlwana gesê.

Maseko het in ’n toespraak by die OSLO Freedom Forum in 2016 gepraat oor die impak wat Nelson Mandela in 1994 op hom gehad het, en hoe dit hom hoop gegee het dat Eswatini ook eendag na demokrasie sal draai. Ongelukkig het hy nie daardie dag beleef nie.
“Die tipe vreesloosheid wat deur Thulani Maseko gedemonstreer word, verg groot persoonlike opoffering, en Thulani het die hoogste prys betaal vir die liefde van sy mense en sy land,” het biskop Mpumlwana gesê.

Biskop Malusi Mpumlwana het verder bygevoeg “Ons vrees dat daar moontlik ’n lys kan wees van ander mense wat vermoor moet word. Dit maak dit dringend dat elke poging aangewend moet word om hierdie bedreiging te stop, lewens te red en te keer dat die land in chaos verval. Die dood van Thulani en ander burgers kan nie toegelaat word om voort te gaan nie – die mense van Eswatini het ons ingryping nodig,” het Mpumlwana in die verklaring gesê.


  • Bron: https://sacc.org.za/ via Nuusbrief
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystellings of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top