Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Tropiese Sikloon Freddy eis lewens en verwoes huise en kerkgeboue, ook op Madagaskar. Foto's: Verskaf

Elders gelees: Sikloon Freddy verwoes evangeliste se huise in Madagaskar

Kerkgeboue en sendelinge se huise het geweldige skade gely met die tweede deurbeweeg van Sikloon Freddy deur Madagaskar. Bid asseblief vir hulle en die res van die plaaslike bevolking, vra Jackie de Klerk onlangs op sosiale media aan NG gemeente Heidekoppie – Die gemeente met Oop Deure.

 

 

Sy skryf op 7 Maart: “Nic-hulle se sendelinge het geweldige skade agv Sikloon Freddy wat, na ‘n verandering in rigting, vir die tweede maal deur Madagaskar is. Hieronder is ‘n paar foto’s van sommige van die 43 sendelinge se huise en kerkgeboue. Bid asb vir hulle en die res van die plaaslike bevolking. Infrastruktuur is vernietig, derduisende mense is haweloos gelaat en baie areas kan glad nie bereik word nie.

 

 

De Klerk vertel by navraag aan Kerkbode dat hul gemeente, waar sy die adminbeampte is, is een van vele wat die Afrikaanse sendelingepaar, Nic en Tina Strydom, ondersteun wat evangeliste oplei op Madagaskar, ’n tropiese eiland, so 400km van Mosambiek in die Indiese Oseaan. 

“Wat hulle doen is om evangeliste in plaaslike bevolkings op te lei op verskillende plekke in Madagaskar. Die evangeliste plant dan weer kerke.  Daar is op die oomblik reeds meer as 500 evangeliste in opleiding en ook meer as 500 selfstandige kerkies.” 

AfriNuus berig die dodetal in Malawi het weens die tropiese sikloon Freddy Dinsdag 14 Maart tot 190 gestyg, volgens die land se rampbestuuragentskap.

President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel oorgedra aan buurlande (Madagaskar, Mosambiek en Malawi) wat deur sikloon geraak is.


No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top