Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dr Smit het uitgebreide ervaring en kennis m.b.t. verskillende fasette van teologiese opleiding. Hy is 'n opgeleide fasiliteerder van die Peak Leadership Program, betrokke by Voortgesette Bedieningsontwikkeling in die Wes-Kaap, was deeltydse lektor by die Baptist Theological College en het as deeltydse lektor studente in die M Div, MTh en B Div-kursusse aan die Universiteit van Stellenbosch begelei.

Elders Gesien | Guillaume Smit val in by Hugenote Kollege

Hugenote Kollege het dr. Guillaume Smit, predikant in die NG Gemeente Brackenfell-Wes, aangestel as senior lektor by die Skool vir Teologie en Bediening. Hy aanvaar sy nuwe pos op 1 September 2023.

Dr. Smit is dien op verskeie sinodale taakspanne waaronder die Diensgroep vir Ondersteuning en die Taakspan vir Kommunikasie waarvan hy ook die voorsitter is, luidens ‘n verklaring wat op 14 Julie uitgereik is.

Die verklaring lui: “Smit het uitgebreide ervaring van die opleiding van bedienaars vir die NG Kerk en is tans die koördineerder van dié opleiding in die Sinode van Wes-Kaapland. Dr Smit dien sedert 2019 op die Kuratorium van die Wes-Kaapsinode waar hy verantwoordelik is vir kurrikulumontwikkeling.

LEES OOK: Al die jongste skuiwe by Kerkbode se Vakatures-afdeling 

“Hy het al verskeie publikasies die lig laat sien en beskik oor twee PhD’s: Hy het in 1997 ‘n DD in Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf met ‘n proefskrif oor Ekklesiologie en Gemeentebou en daarna in 2011 ’n  PhD in Nuwe Testamentiese Wetenskap, ook aan die Universiteit van Pretoria. Die titel van dié proefskrif was: “Marturia in the Gospel of John – Towards an emerging, missional ecclesiology within a South African Dutch Reformed context.”

“Dr Smit het uitgebreide ervaring en kennis m.b.t. verskillende fasette van teologiese opleiding. Hy is ‘n opgeleide fasiliteerder van die Peak Leadership Program, betrokke by Voortgesette Bedieningsontwikkeling in die Wes-Kaap, was deeltydse lektor by die Baptist Theological College en het as deeltydse lektor studente in die M Div, MTh en B Div-kursusse aan die Universiteit van Stellenbosch begelei.

“Dr Smit is betrokke by sy gemeenskap en het onder meer gedien as voorsitter van die Beheerliggame van sowel die Laer- as Hoërskool Brackenfell.


  • Bron: https://www.hugenote.com/
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top