Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Ds Frans Van Loggerenberg (1940 – 2023)

Frans Jacob Louis van Loggerenberg is gebore op 3 Augustus 1940. Hy voel geroepe om predikant te word, maar die Here loop met hom ’n unieke pad tot hy begin studeer. Aan die Universiteit van Pretoria begin hy met sy studie en hy behaal die BA-graad wat hom toegang verleen in 1973 tot die Fakulteit Teologie (Afd B) aan Tukkies waar hy aan die einde van 1975 as proponent gelegitimeer word.

Op 17 Januarie 1976 word hy met handoplegging ontvang en bevestig in sy eerste gemeente, die NG Gemeente Louwsburg naby Vryheid in Noord-Natal. Hier werk hy drie jaar lank tot hy op 3 Augustus 1979 leraar word van die NG Gemeente Premiermyn op Cullinan. Sy pad loop op 15 Januarie 1983 na die NG Gemeente Bedworthpark. Na vyf jaar word hy leraar van die NG Gemeente Kollegepark in Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek, waar hy in 1999 sy tentpenne inslaan en na ’n jaar sy emeritaat aanvaar. Hierna help hy in verskeie gemeentes. Hy word op 1 Maart 2012 leraar van die NG Moedergemeente Vanderbijlpark waar hy besondere werk lewer. Frans skryf: “Om die Woord aan ander te verkondig, was nog altyd my roeping en passie”.

Hy sterf op 20 Julie 2023 en sy begrafnis vind op 28 Julie 2023 plaas in die kerkgebou van die NG Gemeente Drie Riviere-Oos. Ds Chris Olivier, wat ook die roudiens waarneem, skryf: “Ds Frans het die laaste paar jare gesukkel met sy gesondheid. Hy sal baie gemis word, veral vir sy spitsvondigheid”. Hy word oorleef deur sy vrou Mary en twee dogters, Dorothea en Susan.

Dr Gerdrie van der Merwe VDM

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top