Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: NG streeksinodes wil slagoffers van brande help

Noordelike sinode se direkteur, ds Paul Grobler, vertel Kerkbode hulle moderatuur (dagbestuur) het Donderdagmiddag besluit om ’n rampfonds te begin na hulle die skade gesien het wat veldbrande vroeër hierdie week in dele van die Vrystaat en Noordwes aangerig het asook die verwoestende brand in ’n vervalle gebou in Johannesburg se middestad waarin 74 mense, waarvan 12 kinders, dood is.

Lees ook: Elders gelees: ‘Groot tragedie’ – President Cyril Ramaphosa oor verwoestende Joburg-brand

Grobler verduidelik hulle sinodehuis beplan om in oorleg te werk met die streeksinodes waarin die rampgebiede val, soos onder meer Vrystaat wat reeds ’n Hoopfonds begin het.

Ds De la Harpe le Roux het vroeër die week op NG Kerk Vrystaat se webblad en sosiale media mense aangemoedig om hom te kontak indien hulle hulp nodig het na veldbrande tot onder meer veeverliese gelei het. 

Vrystaat se sinode het ’n Hoopfonds wat boere help met finansiële bydraes vir brandstof om geskenkte veevoer aan te ry.

Le Roux is op 1 Maart aangestel as die uitvoerende hoof van dié streeksinode se Diens van Barmhartigheid. Lees meer oor die Hoopfonds asook sy visie rondom rampfondse en hulpverlening in Vrypos-uitgawe 14

Die bankbesonderhede van Noordelike sinode se rampfonds is in Verskil-uitgawe 28.

  • NEEM KENNIS: Noordelike sinode se rampfonds is by NEDBANK nie ABSA nie soos aangedui in Verskil-uitgawe 28. 
  • Bronne: Verskil en Vrypos
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top