Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
André Bartlett van Parkview, Johannesburg skryf: Dr Norma Rossouw skryf in ’n vorige brief oor gemeentes wat die NG Kerk wil “terugroep na die Woord”, maar nie deur die leierskap van die Algemene Sinode te woord gestaan word nie.
Al die gemeentes waarvan sy praat, is deel van een van die 10 streeksinodes van die NG Kerk. Al die leiers van die Algemene Sinode is ook deel van een van dié sinodes.
Hierdie streeksinodes is die aangewese plek vir beswaarde gemeentes en lidmate om hulle besorgdhede aanhangig te maak en onder die aandag van die Algemene Sinode te bring.
LEES OOK | Brief: Wat besiel sulke mense om weerloses so wreed aan te val of te vermoor?
Al 10 die streeksinodes het die afgelope vier jaar vergader en in alle gevalle geleentheid vir beswaardes gebied om hulle besware te lug.
My indruk is dat instansies soos die Kairos Netwerk teleurgesteld is met die resultate van hulle pogings by die streeksinodes en nou ’n onordelike kortpad na die ASM wil vat.
Kom ons almal bly geduldig in gesprek met mekaar op die wyses waarop ons oor die dekades met mekaar ooreengekom het.
