Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Pasop om nie God na jóú beeld te skape nie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Philip Coetzee van die Strand skryf: Onlangs sit ek en luister na ’n program wat handel oor mense en hulle siening oor geslag. Tot my verbasing vind ek uit dat daar ’n beweging in ons eie land is wat hulle beywer om geslagsgelykheid te bevorder by name gender neutralism. Met ander woorde, jy kan jou geslag as neutraal sien, nie man of vrou nie, maar volgens jou oortuigings of hoe jy ’n spesifieke dag op ’n spesifieke plek wil optree. 

Dit laat my onwillekeurig terugdink aan ’n radikale stelling wat ’n prominente kerkleier kwytgeraak het: “Om anders te wees (gay) is ’n gawe van God.” Behalwe dat dit onsensitief teenoor die gay gemeenskap is, is dit lynreg teen God se skeppingsaksie en wil vir die mens volgens Genesis 1:27-28a en Matteus 19:4-6. 

In Genesis 3:1-7 kies die mens om hulle eie god te wees en in Eksodus 32:1 lees ons waar die mense verkies het om eerder ’n ander god te dien, ’n sekulêre god wat hulle op hulle eie manier kan dien en nie voorskriftelik is nie. Watter verband hou dit met dit wat ons in ’n kontemporêre geloofswêreld vind? Sommige mense, waarvan kerkleiers en instellings voorlopers is, wil God se siening van lig en duister verwyder uit hulle eie beskouing, dus hulle distansieer van sekere aspekte in die Bybel.

’n Voorbeeld is dat sekere denominasies hulle lidmate die opsie bied om Satan te sien as ’n historiese mite. In ander gevalle, waar feminisme in die kerk volle erkenning kry, mag jy God ook verstaan as jou “moeder in die hemel”. My vraag is nou: Sou Jesus dan ook geslagsneutralisme voorstaan en dan ook sy Vader moeder kan noem wanneer hy so voel? Of, as Jesus die Christus ook God is volgens Johannes 1:1, 14 en ander, dan kan/moet ons Hom ook as haar aanspreek. In sy boek, Designed for a purpose, skryf Gilchrist (2012) die volgende:

“The whole problem with modern man is that he thinks that he can define his existence, his purpose (if any), and the possibility of a Creator God purely according to his own perceptions. The Bible says that God made man in his own image, today man seeks to recreate God in his image to suit himself. But, as Paul says, in the wisdom of God man has never come to know God through his own wisdom, and will never be able to do so.” – Brief verkort. – Red.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top