Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

BESLUIT: Aborsie

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.


In die lig van ATLAS se vorderingsverslag oor die opdrag in verband met aborsie en die bekendstelling van die proses waarvolgens ’n bundel vir gesprekvoering oor aborsie ontwikkel word, versoek die Algemene Sinode van 2023 vir ATLAS om

  1. die proses voort te sit ten einde die bundel by die Algemene Sinode van 2027 vir sinodes beskikbaar te maak;
  2. die bundel volgens die deelnemende werkswyse waarmee tydens die afgelope termyn ‘n begin gemaak is, te ontwikkel;
  3. die sterk klem in die terugvoering dat die bundel plaaslike pastorale kontekste sal dien, deeglik in die ontwikkeling te verreken.


Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand