Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dr Frederick Marais aan die woord by die afskeidsgeselligheid wat op 28 November vir hom gereël was. Foto: Helene Meissenheimer

Elders gelees: Pas afgetrede Frederick Marais vanaf 1 Januarie by Skool vir Sosiale Innovasie op Wellington

“Hugenote Kollege voorsien dat dr. Marais ’n belangrike rol sal speel in die begeleiding van gemeenskappe om op innoverende wyse nuwe strategieë te ontwerp en uit te voer om gemeenskappe te omvorm tot lewegewende instelling wat die diversiteit van ons land en omvattende heling van ons omgewing dien.”

So sê die rektor by Hugenote Kollege, prof Nelus Niemandt, oor die nuwe rol wat die voormalige voorsitter van die NG Kerk se algemene kuratorium gaan vertolk by hierdie teologiese opleidingsinstelling se Skool vir Sosiale Innovasie. Marais het onlangs afgetree uit sy pos as predikant vir teologiese opleiding in die Wes-Kaap.

Niemandt deel die nuus in ’n onlangse verklaring wat meld dat Marais reeds op 1 Januarie diens aanvaar om “navorsing te doen oor kerklike- en gemeenskapsinnovasie” maar met ingang 1 Maart as dekaan van hierdie opleidingsprogram sal oorneem by prof. Erwin Schwella, wat aftree (sien volledige verklaring onder).

Lees ook: Vele kom huldig ‘geduldige optimis’ Frederick Marais wat preekstoel meer toeganklik maak, pelgrimroetes laat gedy en plek van stilword op Wellington vestig

Bekendstelling Frederick Marais Des 2023
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Die berig is aangepas na plasing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top