Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Brief: Die waarheid kan nooit deur ʼn leuen gedien word nie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Leon M Foot van Welkom skryf: In die tydperk sedert die Algemene Sinode in Oktober 2023 word daar verskeie halwe waarhede en volle leuens oor die sitting versprei – tot groot onmin en verwarring onder lidmate. Een daarvan is die saak oor aborsie.

Die boodskap word verkondig dat die AS aborsie op aanvraag goedgekeur het. In ’n onlangse video verklaar ’n leraar dat “die oorspronklike verslag hard geargumenteer het dat die kerk sanksie daaraan moet verleen dat ’n vrou die reg het om aborsie op aanvraag te kry. Dat sy die reg het om te besluit oor die lewe van die baba binne-in haar. En dat dit liefdevol sou wees om daardie reg aan haar toe te staan.” Dis nie die waarheid nie. Nie eers ʼn halwe nie!

Die volle verslag is op die kerk se webblaaie beskikbaar vir almal om te lees. Die vorderingsverslag oor aborsie is op p 77 ev. Hierin verklaar ATLAS dat hulle ʼn “dialogiese en deelnemende benadering” volg, en dat “hierdie verslag geensins as die finale produk… aangebied word nie.” Daar word pertinent na Bybelse riglyne soos “die sesde gebod, Jeremia 1 (God ken Jeremia voor Hy hom skep), Psalm 139 (God ken die kind reeds voor geboorte), Genesis 1 (die beeld van God)” verwys. En maak dit duidelik “dat aborsie… nie gebruik mag word om bloot ongewensde swangerskappe te beëindig nie.”

Dit mag dalk so wees dat mense wat insette aan die taakspan gelewer het, ten gunste van aborsie op aanvraag is. Dit is duidelik geweeg en te lig bevind, en het daarom nie die verslag gehaal nie. Dit sê tog al iets oor die taakspan se standpunt. Om dit nou aan te haal en voor te hou as sou dit die besluit van die AS wees, is eenvoudig oneerlik en pas nie by ʼn leraar wat deel van die sinodesitting was nie.

Almal weet dat daar verskil van mening oor baie sake in die kerk is. Om egter jou moeder verdag te maak in die oë van jou broers en suster is onaanvaarbaar.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top