Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Die Godheid van Christus

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Stefaan de Jager van Jeffreysbaai skryf: Die kuratorium op Stellenbosch het verklaar dat teoloog Peter Nagel ná ‘belyning’ sy predikantsbevoegdheid teruggekry het. Hierdie bevoegdheid is ongeveer ‘n jaar gelede opgeskort om dr Nagel kans te gee om te gaan besin oor die Godheid van Christus al dan nie.

LEES OOK: Teoloog Peter Nagel kry ná ‘belyning’ predikantsbevoegdheid terug, sê kuratorium op Stellenbosch

Die kuratorium sê: “Dr (Peter) Nagel is bewus van die feit dat akademiese integriteit en kerklike integriteit belyn moet wees en nie in stryd met mekaar moet wees nie en dat akademiese vryheid nie los kan staan van kerklike opsig en verantwoordbaarheid nie.”

Hierdie begrip van “belyding” val my vreemd op die oor. Omdat dit immers  ‘n proses van kerklike tug teen die broer was, sou daar minstens verwag kon word dat daar oor berou en bekering van sy standpunt berig sou word. As dr Nagel wel tot inkeer gekom van sy standpunt deur in (be)lyn(ning) met die Skrif te kom oor die Godheid van Christus, is ek dankbaar. Dan sal die broer vorentoe in sy akademiese- sowel as kerklike integriteit saam met Thomas oor Jesus kan bely: “My Here en my God! (Joh 20).”

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top