Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

“Ons het vorendag gekom met hierdie idee van ’n krip in puin (“a manger in the midst of rubble”) wat soos ’n verwoeste huis in Gasa lyk en die kindjie Jesus onder die puin,” het die Palestynse teoloog eerw Munther Isaac oor dié uitstalling binne ’n kerk in Betlehem aan Associated Press gesê. Foto: Via X / @MuntherIsaac

Ekumeniese afvaardiging uit SA sal dié Kersfees met ‘pastorale besoek’ aan Betlehem en Jerusalem pleit vir ‘einde aan volksmoord in Gasa’


’n Groep meestal Suid-Afrikaanse kerklui waaronder ’n NG leraar van Kaapstad en dr Allan Boesak sal Kersfees in Betlehem vertoef as deel van wat die groepleier, eerw Frank Chikane, kort voor hulle vertrek as ’n “pastorale besoek en ’n bediening van teenwoordigheid” beskryf het.

 

“On the invitation of … Palestinian Christians and in solidarity with their lament and struggle, the delegation of church leaders will join them in Bethlehem for Christmas as one Body of Christ and deliver a clear message that, ‘When THEY suffer, WE suffer’. We join them, to stand where Jesus stood with those who are suffering; to pray with them, to encourage them, to mourn with them, to say no to genocide, and yes to a ceasefire and a negotiations to end the Occupation,” luidens ’n verklaring deur die plaaslike afvaardiging wat reeds op hul reis vertrek het. 

Die kerklui (sien die volledige lys onderaan hierdie berig) sal ook Jerusalem besoek en beplan om onder meer ontmoetings te hê met vrygelate Palestynse gevangenes asook families van Israeli gyselaars, het Chikane, ’n voormalige sekretarisgeneraal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, tydens ’n virtuele perskonferensie voor hul vertrek aan die media gesê. 

In Betlehem sal die besoekers op uitnodiging ’n middernagdiens en vredesoptog bywoon. In Jesus se geboortestad sal die afvaardiging hulle aansluit by kerklui wat reeds vanjaar se Kerfeesvieringe “afgestel” het. Die redes hiervoor is, volgens die Palestynse teoloog eerw Munther Isaac, “voor die handliggend”. “Dis onmoontlik om te vier terwyl ons mense in Gasa ’n volksmoord beleef,” het die pastoor by die Evangelies-Lutherse Kersfeeskerk aan die Wesoewer, sowat 10 km buite Jerusalem vroeër aan Associated Press gesê

Geborg

Die jongste konflik spruit uit die 7 Oktober-aanval vanuit Gasa op Israel deur Hamas waarin sowat 1 300 Israelis dood is, volgens die Israeli Weermag. ’n Verdere 240 is gyselaar geneem, het CNN in November berig’n Volskaalse oorlog woed intussen en die dodetal in naburige Gasa was vandeesweek sowat 19 000 Palestyne, gemeet oor ’n tydperk van sowat twee maande, het die Suid-Afrikaanse afvaardiging op 18 Desember in ’n verklaring oor die verwoestende en internasionaal polariserende konflik in dié gebied gesê. Onder daardie dooies tel sowat 8 000 kinders.

 

Die afvaardiging beplan ook ’n besoek na die Rafah-grensoorgang. “It is our prayer that the relevant authorities will allow the delegation to be able to carry out their pastoral responsibilities and be there for the victims of the genocide as part of our ministry of presence and service to God’s people,” luidens ’n verklaring deur die plaaslike afvaardiging, wat ds Riaan de Villiers van Groote Kerk in Kaapstad asook Michael Weeder van die St George-katedraal en biskop Malusi Mpumlwana van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke insluit. 

Chikane het gesê die Suid-Afrikaanse owerheid is bewus van die besoek en daar is nie amptelike ontmoetings met die Israeli regering beplan nie. 

Eerw Frank Chikane tydens ’n vooraf-konferensie met die media. Skermgreep via Zoom

EMBARGOED UNTIL 13H00 ON 20 DEC_Pilgrimage of solidarity_18 DEC 2024FINAL

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.