Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Video: In SA kan ons voorveronderstellings afbreek – Betereinders

By ’n beraad oor oplossings – klein en groot – vir die Suid-Afrikaanse platteland, het die medestigter van Betereinders die gehoor uitgedaag om ook na te dink oor die ingesteldheid waarmee daar ge-fix word aan dit wat stukkend is. 

“Ons kán die platteland fix. Ons kán die stede fix. Maar ons kan dit op ’n baie bitter manier doen. Soos die teoloë sou sê, ons kan dit op ’n baie ‘F-jou’-manier doen,” het Johan Erasmus geskerts tydens ’n gevattte bydrae van tien minute laatmiddag op die eerste dag van Landbouweekblad se Oplossings vir die Platteland van Suid-Afrika-beraad. “En ek dink nie dis noodwendig die pad om te volg nie. Ons moet ’n storie van versoening wys.” Betereinders is ’n beweging met die leuse is ‘Wees beter, nie bitter’ en dít beklemtoon die beweging se doen-dit-self-ondernemingsgees. Erasmus, een van die stigters, was die laaste spreker op die eerste dag. Die beraad duur van 20-21 Februarie by Nampo-park buite Bothaville.

 

Johan Erasmus (links) en Chris Burgess (redakteur: Landbouweekblad).
Ds Christo Jonck
Past John Mathuhle

Pastoor John Mathuhle van Senekal het die oggendwyding van die laaste dag van die beraad waargeneem en gesê hoop is deesdae iets van ’n gonswoord. Hy’t ’n teenwoord hierop gebied: “(Hope is) a person in Christ…(It has) has ears to listen to the cries of people, has eyes to see the pain and give attention to what is broken. It’s got hands and feet. Hope is a person. Hope is not something that we are waiting for…it’s me and you,” het die prediker gesê.  

Ds Christo Jonck het oor die impak van die Red ’n Plaas Red ’n Gemeenskap Rampfonds-inisiatief gepraat. Sien die video hieronder oor laasjaar se staptog. Die Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap Camino vind vanjaar plaas vanaf 6-12 April 2024 in die Victoria-Wes distrik. Die Camino strek oor 7 dae waar stappers ‘n afstand van 139 km gaan aflê. Kom stap saam met ongeveer 100 ander stappers. Lees meer: https://rednplaas.org.za/ 

Die kerkleier van NG Kerk Noordkaapland Sinode het verduidelik dié jaarlikse projek verteenwoordig samewerking tussen landbou-organisasies, die NG Kerk se welsynsorganisasies en kerkmedia (Kerkbode), asook breër media belangstelling via RSG. Dit werk met die geesdrif wat daar vir uitdagende Camino-styl-staptogte bestaan. “Plase is die boustene van gemeenskappe,” het Jonck verduidelik oor die NG Kerk se reaksie op die droogte wat steeds vele dele van die Noord-Kaap raak. Die NG Kerk is ’n betroubare entiteit wat fondse kan insamel en versprei, het Jonck bygevoeg. 

 



Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top