-
- Hierdie kennisgewings is op 08 Maart 2024 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds PRB (Phil) Gräbe van Quellerina na Drakenstein; prop WG (Hardus) Prinsloo na Daspoort.
AANVAAR
Ds PJ (Peet) van Zyl van Gobabis na Boesmanland.
BEDANK
Ds CA (Cecil) van der Merwe van Kerk-in-Suid het nie die beroep na Beaufort-Wes en Gamkavallei aanvaar nie.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds Philippus Rudolf Botha Gräbe van Quellerina-gemeente in Johannesburg is na NG Gemeente Drakenstein (Paarl) beroep. (Lucy-Ann Fourie, Skriba, 04.03.2024).
BEDANK
Ds Cecil van der Merwe het nie die beroep na Beaufort-Wes en Gamkavallei aanvaar nie. (Lynette Bergh, Kerkkantoor, 04.03.2024).
BEVESTIGING
Ds Petrus Johannes (Peet) van Zyl, voorheen van Gobabis, is op 29 Februarie 2024 bevestig as leraar in NG Boesmanland. (Ds JC van Schoor, Skriba: Ring van Namakwaland, 05.03.2024).
EMERITAAT
Hiermee word kennis gegee dat ds JE van Velden op 31 Januarie 2024 geëmeriteer het vanuit die NG Gemeente Drakenstein (Paarl). Sy afskeidspreek was op 28 Januarie 2024. (Lucy-Ann Fourie, Skriba, 04.03.2024).
Hiermee vir kennisname van die emeritaat van ds Hennie Fouche van NG Gemeente Hottentots-Holland vanaf 14 Maart 2024. Die akte van emeritaat sal deur die voorsitter van die Ring van Somerset Wes, ds Samantha Chamberlain, aan hom oorhandig word op 10 Maart 2024. (Andre Westraat, Ringskriba, 04.03.2024).
Ds Willem Lötter emeriteer op 31 Maart 2024 vanuit die NG Gemeente Kenridge na 18 jaar diens in die gemeente (36 jaar in die bediening). Sy bediening in die gemeente word op 17 Maart 2024 gevier wanneer hy ook dan sy akte van emeritaat sal ontvang. (Dr Annemarie de Kock-Malan, Skriba: Ring van Bellville, 05.03.2024).
NOORDELIKE
BEROEP
Tydens ’n beroepsvergadering gehou op 28 Februarie 2024 het die kerkraad van NG Gemeente Daspoort vir proponent Willem Gerthardus (Hardus) Prinsloo beroep as ’n deeltydse diensleraar met bevoegdheid vir Woord- en sakramentsbediening, asook toegespitste bediening in gesinsbediening en pastoraat. (Marlene van der Merwe, Kerkkantoor, 04.03.2024).
BEVESTIGING
Prop Marie-Jean Brink is op 17 Maart bevestig as kinderbedieningleraar by NG Kerk Rietfontein-Noord. (Berdine Spangenberg, Skriba: NG Rietfontein Noord, 05.03.2024).
