Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Prof Nelus Niemandt oorhandig grade tydens Hugenote Kollege se gradeplegtigheid op 15 Maart in die NG Moederkerk op Wellington. Foto: Verskaf

Elders gesien: Hugenote Kollege lewer bydrae om tekort aan maatskaplike werkers te verlig


“Suid-Afrika ervaar ’n reuse tekort aan persone wat kan help met die ontsettende sosiale probleme en armoede in ons land. Ek is besonder dankbaar is oor die reuse bydrae wat Hugenote Kollege kan maak met die opleiding van maatskaplike werkers en hulpwerkers.”

So het die rektor, prof Nelus Niemandt, gesê op Vrydag 15 Maart by die tweede gradeplegtigheid wat deur hierdie private Christelike hoëronderwysinstansie op Wellington aangebied is. By die geleentheid, gehou in die NG Moederkerk, is 44 grade in Maatskaplike Werk (BSW) en sewe BA grade in Teologie toegeken tesame met meer as ’n honderd diplomas en sertifikate in Vroeëkinderontwikkeling en Sosiale Hulpwerk. 

As gasspreker, het die landbouorganisasie Agri SA se professor Christo van der Rheede ’n toespraak gelewer wat die belangrikheid van diensbare leierskap vir beide die gegradueerdes en burgers van die land beklemtoon het. 

Geborg

Prof Niemandt het ook tydens sy spreekbeurt rondom motiewe vir verdere studie die Middeleese monnik Bernard van Clairvaux (1090–1153) aangehaal: “For there are some who long to know for the sole purpose of knowing, and that is shameful curiosity; others who long to know in order to become known, and that is shameful vanity . . . There are others still who long for knowledge in order to sell its fruits for money or honours, and this is shameful profiteering. Others again who long to know in order to be of service, and this is charity. Finally, there are those who long to know in order to benefit themselves, and this is wisdom. Of all these categories, only the last two avoid the abuse of knowledge, because they desire to know for the purpose of doing good.”

Bron: Liza Mostert (fondsinsameling) by Hugenote Kollege


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.