Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief: Nodig om saam met Jesus klein te word

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Theo Badenhorst van Brackenfell-Proteahoogte skryf: “Wie kan dan gered word?” het selfs Jesus se dissipels uitgeroep in Markus 10:17-31.

Die saak van die kameel en die naald se oog is al op verskillende maniere gehanteer. Een moontlikheid wat genoem word, is dat daar in die muur van Jerusalem ’n baie klein poortjie was, wat die Naald se Oog genoem is. ’n Kameel kon blykbaar net-net daardeur kruip. So kan ons redding ’n baie moeilike ding wees, maar tog menslik moontlik.

Tog is dit nie die bedoeling van Jesus se problematiese uitspraak nie. Hy praat van ’n gewone naald se oog en van ’n gewone kameel. Die kameel was die grootste dier wat die Jode van daardie tyd geken het en die kleinste gaatjie was ’n naald se oog. Kan ’n kameel deur so ’n gaatjie gaan? “Onmoontlik!’ sal ons dadelik sê. Nou ja, nog minder moontlik is dit vir ’n ryk mens om gered te word. Maar wie kan dan gered word? sal ons die dissipels nasê.

Jesus se antwoord: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”

Hoe maak God dan ons redding moontlik? Jesus, die Seun van God, het sy hemelse tuiste verlaat en mens geword, die kleinste van alle mense, die Gekruisigde, verwerp deur alle mense en ook deur sy eie Vader. Hy is die groot kameel wat klein genoeg geword het om deur ’n naald se oog te gaan.

Wat vir ons nodig is, is om op die Kameel se rug te klim en saam met Hom klein te word, en arm te word in onsself. Jesus, die kameel wat klein geword het, neem my dan deur die naald se oog. Christenskap lê in ’n groot mate in klein word.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.