Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dit is die kerk se “voortdurende taak” om (die gebeure in Nazi-Duitsland) te onthou, teologies te reflekteer oor wat rondom om ons gebeur en duidelike teenstand te beid teen “ver-regse populistiese stellings”, het 'n Duitse kerkleier vandeesweek aan die gehoor by die VGK se ekumeniese konferensie in Durban gesê.

Oor regse ekstremisme: Kerke moet onthou, nadink en teensit, waarsku Duitse kerkleier by VGK-konferensie in KZN

Die bevrydende boodskap van die evangelie sluit alle vorme van diskriminasie uit en dit is kerke se werk om beide te konfronteer én te onthou, het ’n Duitse kerkleier vandeesweek in haar bespreking van die opbloei van regse ekstremisme in Europa gesê.

“It is important that we do not let up on the culture of remembrance,” het dr Susanne Bei der Wieden op Donderdag 11 April by ’n ekumeniese konferensie in Durban gesê.

“The creed of ‘never again’ must be kept alive,” aldus dié president van die Evangelisch-reformierte Kirche in Duitsland met daardie land se geskiedenis van die volksmoord op die Jode in die vorige eeu wat steeds ’n skadu oor kerk en nasie gooi.

In haar ontleding van “ekstreme regsgesinde bewegings in Europa” het dr Susanne Bei der Wieden onderskei tussen Regse populisme, Regse ekstremisme en die Nuwe Regse Beweging (New Right). Foto’s: Le Roux Schoeman

In aansluiting by haar rede het prof Rothney Tshaka van Unisa gesê: “This might appear as not threatening the heart of the gospel, but indeed it is a danger. We can’t wake up and say that only then …” Dit verg ’n waaksame kerk, aldus Tshaka, wat nie verkeerdelik kwessies met potensieel gevaarlike verskynsels as “neutrale sake” takseer nie.

Bei der Wieden was een van ’n aantal ekumemiese gaste en sprekers by die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) se konferensie waar onder meer die konflik tussen Israel en Gasa en kerkeenheid met die NG Kerk, bespreek is.

Prof Rothney Tshaka

In haar ontleding van “ekstreme regsgesinde bewegings in Europa” het Bei der Wieden onderskei tussen Regse populisme, Regse ekstremisme en die Nuwe Regse Beweging (New Right).

Eersgenoemde is teen liberalisme, individualisme en enige een wat ’n ander standpunt handhaaf. ’n Bepaalde styl is merkbaar by dié groep, wat sy as die “vyf-minute-voor-middernag-mentaliteit” beskryf, waar alles op die rand van die afgrond is en die taal dikwels ’n apokaliptiese kwaliteit vertoon.

Regse ekstremiste bevraagteken weer die demokrasie direk, hoop vir diktatorskap en verwys positief na Duitsland se Nasionaal-Sosialistiese verlede.

Ds Matshaya Frieda Pole en prof Christina Landman, van die sprekers by die VGK-konferensie.
Prof Klippies Kritzinger

Die derde groepering (“New Right”) is volgens Bei der Wieden ’n intellektuele beweging met swaar klem op etnisiteit. Navolgers plaas hier minder klem op partye, en werk tot ’n mate metapolities om eerder ’n kulturele hegemonie te bewerkstellig.

Dit is die kerk se “voortdurende taak” om (die gebeure in Nazi-Duitsland) te onthou, teologies te reflekteer oor wat rondom om ons gebeur en duidelike teenstand te bied teen “ver-regse populistiese stellings”, het die besoeker uit Duitsland aan die gehoor van sowat 35 gesê by die konferensie wat tot Sondag duur.

Rondom die oorlog tussen Israel en Hamas het prof Klippies Kritzinger (emeritus van Unisa) ’n wydlopende referaat gelewer waarin hy onder meer vyf vrae aanbied wat gestel moet word wanneer wanneer daar oor dié konflik besin word:

  • Agentskap (Wie is betrokke?)
  • Konteks (Wat verstaan ek van die situasie?)
  • Skrifinterpretasie
  • Onderskeiding (Wat om te doen)
  • Spiritualiteit (Wat bedoel ons met “bid” of “intree” of betrokke raak?)

Kritzinger het die “praxis-raamwerk” se vyf “dimensies” (sien hierbo) bespreek en ook met die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne in verband gebring waarna die gehoor aan die gesprek kon deelneem.

“… In conclusion, it is easy for me to talk like this here in South Africa. I realise that it may be more difficult for our European partner churches to speak like this in their own countries. To show that these ideas about decolonising is not a cheap export product from a perfectly reconciled South Africa to a troubled Ukraine or Palestine, I must indicate the extent to which we have not dismantled our settler colonial system. The reason why the Palestinian situation moves and touches us as South Africans so deeply that we have gone to the International Court of Justice to accuse Israel of genocide is because we see the parallels between their struggle and ours so clearly. Having suffered in and under a settler colonial apartheid state, we can recognise another when we see it,” skryf Kritzinger ter afsluiting in sy referaat.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top