Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending 11: ’n Verhaal van omkeer uit die Paarl

Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ’n drama- en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ’n nieregeringsorganisasie (NRO) wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ’n veilige tuiste bied vir voorskoolse klasse en ’n naskool.

Die verhaal van hierdie drama- en skryfskool en die heling wat dit binne hierdie arm gemeenskap in Paarl-Oos gebring het is ook vervat as een van 12 gevallestudies in ’n nuwe boek Caribuntu: Social innovation in South Africa waarvan die navorser in sosiale innovasie, prof Erwin Schwella, die redakteur is.

Die boek is te koop (R280) by Christelike Lektuurfonds (CLF) se aanlynboekwinkel.

 

Jy kan ook na die podsending luister HIER.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top