Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

As ons as dissipels van Christus funksioneer, sal ons weer die klanke hoor van Handelinge 5:13: “… die volk (het) hoë agting vir hulle gehad”.

Brief: Waarom swyg oor ander gewelddade?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

F A du Preez van Goodwood skryf: Die situasie van Christene in die Midde-Oosterse konflik is tog sekerlik op ons almal se harte. Ek hoor egter nooit op hierdie netwerk iets van die haglike omstandighede van Christene wat onder vervolging in bv. Moslem-oorheerste gebiede ly nie. Net een voorbeeld is die slagting wat op Kersdag 2023 in Nigeriese gebiede plaasgevind het – ek moes deur ander kanale, soos met heelwat ander gevalle en voorvalle, daarvan verneem. Wat gaan aan?
En wat van die barbaarse moorde op ‘n boer en sy vrou die afgelope naweek in die Bloemfontein-omgewing? Gaan daar maar, soos met talle gevalle in die verlede, in kerkgeledere geswyg word? Watter skande!
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top