Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Oostelike Sinode: Nuwe gemeente met bediening aan Swazi-sprekendes

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.


KENNISGEWING RAKENDE DIE STIGTING VAN ‘N NUWE GEMEENTE

Die Uitvoerende Amptenaar van die NG Kerk Oostelike Sinode gee hiermee in terme van Kerkorde (2023) Reglement 27.1.4.2 formeel kennis van die stigting van ’n nuwe gemeente binne die NG Kerk Oostelike Sinode met as bedieningsfokus die bediening aan Swazi-sprekendes. (Reglement 27.1.1.3.2.2)

  1. Die Ringsdiensraad van die Ring van Lydenburg het op 9 Februarie 2024 in die Kerkbode kennis gegee van die beoogde afstigting van ’n nuwe gemeente vanuit die Nederduitse Gereformeerde Kerk Sabie.
  2. Die afstigting het formeel plaasgevind op Sondag 14 April 2024. Die leraar van die NG Kerk Sabie, ds UK Trümpelmann, het die erediens en verrigtinge gelei. Die nuutgestigte gemeente staan bekend as die Nederduitse Gereformeerde Kerk Simile.
  3. Die Voorsitter van die Ring (ds. Johan Koen snr) het die Nederduitse Gereformeerde Kerk Simile amptelik verwelkom as volwaardige gemeente en lid van die Ring van Lydenburg en Oostelike Sinode.
  4. Die Skriba van die Ring (ds Johan Koen jnr) het namens die Ring van Lydenburg ‘n nuwe hoeksteen aan br. Liftos Nyandeni as die Voorsitter van die voormalige Kerkraad van Sabie Gemeente – Simile Wyk oorhandig.
  5. Die volgende persone is as Kerkraadslede verkies en bevestig: Liftos Nyandeni, John Themba, Oupa Makua, Zodwa Malibe, Amanda Dibakoane, Prudence Skosana, Timothy Sihlangu, Oupa Banda, Gloria Makama, Zandile Soko, Vuyo Sambo en Eunice Chetty.
  6. Konsulent: Ds UK Trümpelmann

 

 

DS FRANCOIS RETIEF

UITVOERENDE AMPTENAAR

NG KERK OOSTELIKE SINODE

oostelike

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.