Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief | Effektiewe benutting van tyd: Hou dit bondig!

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Anoniem van die noordelike voorstede van Kaapstad skryf: Dit was nogal interessant om die skrywe op Netwerk24 raak te lees onder die opskrif “Beperk jou preek tot agt minute, sê pous aan priesters” (12 Junie 2024,).

Dit het my laat terugdink aan ’n Sondag in 1992 waar ons as jong getroudes, ’n erediens in ’n kerk in die noordelike voorstede (met harde ongemaklike banke) bygewoon het. Op die spesifieke dag was dit die eerste keer dat ’n kriekettoets op Nuweland op ’n Sondag aangebied is. Die kerkgangers was nou nie juis kriekettoeskouermateriaal nie en ons het nie self oorweeg om die toets by te woon nie. Die prediker het hard probeer om ons so lank as moontlik van die moontlikheid van krieket af weg te hou.

Onlangs bied ons gemeente ’n geleentheid aan waar genooide sprekers aktuele sake bespreek. ’n Weldoener wat baie doen om minderbevoorregtes te help, was deel van die program om sy aksies/programme te deel. Daar was heelwat belangstelling in sy aanbieding. Sy verwelkoming en die uitlig van wat hy al in sy lewe bereik het neem egter seker bykans 10 minute. Dit verminder op die ou end net die tyd wat hy tot sy beskikking het om sy goeie werk te deel. Duidelik was die tyd wat opgeneem is met ’n omvattende verwelkoming tot nadeel van die weldoener en sy aksies. Die boodskap van die pous kan gerus ter harte geneem word.

Die skrywer se naam word op versoek weerhou. – Red.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.