Dr Johan Botha is benoem vir die pos van uitvoerende amptenaar by Oostelike Sinode. Dit sal beteken dat hy die verantwoordelikheid as administratiewe touleier oorneem by ds Francois Retief wat geëmeriteer het en tans die pos beklee.
Die sinodale diensraad het op 22 Julie die benoeming bekend gemaak waarna twee weke van approbasie, soos deur die Kerkorde bepaal, moet verloop. Dit is volgens Retief wat gevra is om in ’n ander hoedanigheid in die sinodale streekkantoor werksaam te bly.
Dr Botha van die NG Gemeente Edleen is tans in twee posisies van kerkleierskap. Hy was in 2022 verkies as moderator van Hoëveld Sinode en is ook die uitvoerende hoof van Kerklike Maatskaplike Dienste: Tutela.
Lees ook: Sinode: Hoëveld kies nuwe moderator, gemeentes deel hul stories
