Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief: ’n Fees sonder ware hervorming?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Prof Johan Janse van Rensburg skryf: Hoewel ek die bespreking op Sondag 28 Julie se “Binnekamer” oor die NG Kerk en Hervormde Kerk se komende feesviering interessant gevind het, het ek met gemengde gevoelens verneem dat die Hervorming ook gevier sal word. Die kern van die Hervorming was tog die sine qua non van Skrifgesag. Die Skrif alleen is die grondslag van ’n gereformeerde belydenis. Tog weier die kerkleiers van die NG Kerk om die onskriftuurlike besluite van die verlede, waaroor ek en ander al so baie geskryf het, reg te stel of selfs vir heroorweging te evalueer. So sê ons vir die lidmate dat ons bly is oor die Hervorming en dit nooit sal vergeet nie, terwyl dit uit die Handelinge van die Algemene Sinode duidelik is dat ons gekies het om die Skrif deur buite-invloede (onder postmoderne invloed) te laat herinterpreteer, teen die opsigtelike bedoeling van die teks. Sola Scriptura?

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.