Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Badisa | Kom praat saam oor toekoms van bejaardesorg

Teen 2050 sal die aantal mense van 60 jaar en ouer in Suid-Afrika rondom 12 miljoen wees (16% van die bevolking). In die Wes-Kaap sal die ouer bevolking meer as verdubbel tot meer as 1,5 miljoen.

Hoe gaan diensverskaffers die groei volhoubaar kan hanteer? Al minder finansiële steun van die regering af binne ‘n konteks van ’n byna stagnante ekonomie maak dit vir baie ouer persone en hul gesinne moeilik om die nodige dienste te bekostig.

Soos lewensverwagting toeneem, neem die vraag na residensiële sorg en gespesialiseerde dienste vir toestande soos demensie ook toe. Gemeenskaps- en gesinsgebaseerde dienste bied ’n lewensvatbare alternatief vir residensiële sorg, maar vordering met die aanvaarding van hierdie model was stadig ten spyte van ondersteunende wetgewing en beleide.

Hierdie dringende kwessies word bespreek by Badisa se FutureCare-konferensie wat plaasvind van 4-5 September by die NG Gemeente Stellenberg, Eversdal, Kaapstad. 

Sprekers sluit in Herman Grobler (vise-president van Cipla), Bridget Sleap (Human Rights Watch), dr Sebastiana Zimba Kalula (kenner in geriatriese medikasie), Femada Shaman (The Association for the Aged – Tafta) en sosioloog prof Elena Moore (Universiteit Kaapstad).

Kaartjies (R800 p.p.) kan bespreek word op Webtickets. Registrasie sluit 14 Augustus 2024.

Kry meer inligting op Badisa se webblad.

  • Hierdie artikel verskyn as deel van ’n inhoudsvennootskap tussen Kerkbode en Badisa.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Scroll to Top