Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) vra dat die onwettige myners van Stilfonteinmyn se menswaardigheid, soos verskans in die Grondwet, gerespekteer word. Foto: South African Criminal Justice System @RSA_CJS

Elders gesien: SARK voeg stem by dié van besorgdes oor onwettige Stilfontein-myners

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het vandeesweek hulle stem gevoeg by dié wat besorg is oor die lot van die onwettige myners wat vasgekeer is in ongebruikte skagte van die Stilfontein-myn in  Noordwes. 

Die SARK se pleidooi is dat die myners se menswaardigheid, soos verskans in die Grondwet, gerespekteer word. 

“We understand that the work of the South African Police Services (SAPS) must  follow the letter of the law, and our appeal is that the SAPS will retain the respect and dignity of the illegal miners during this enormously difficult process,” luidens ’n verklaring deur dié ekumeniese liggaam.  

Die SARK het bygevoeg hulle beplan ’n besoek aan die gebied en dat hulle reeds besig is om met plaaslike kerke in die gebied te skakel.

Die verklaring kom in ’n week wat die polisie se afsperring van kos en mediese voorraad na hierdie groep van honderde onwettige ondergrondse mynwerkers aansienlike aandag getrek het. ’n Hofbevel is selfs uitgereik wat die polisie nou gebied om toe te laat dat water en ander benodighede wel afgesak mag word na die myners, berig Daily Maverick.

Die doel van die polisie se aksie is om die myners uit die ongebruikte myn se skagte te dwing. Na wat berig word het meer as ’n 1000 mynwerkers reeds uit die myn gekom.

Lees ook: Kerke in Mosambiek-krisis: ‘Ons moet almal om een tafel kry’

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top