Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Resensie: Ivor Swartz skram nie weg van moeilike vrae nie


Nogtans-geloof deur Ivor Swartz

Uitgewer: Lux Verbi, 2024

Resensent: Toit Wessels

Hierdie boek is die perfekte werk om te lees met vrae oor God en mens, liefde, lewe en ewigheid in gedagte. Swartz nooi jou uit om saam met hom op ’n baie eenvoudige, dog diep vlak, jou vrae (of liewer jou klagtes) na God te neem.

Swartz gebruik die Bybelboek Habakuk as vertrekpunt en wonder saam met die leser hoe so ’n nogtans-geloof lyk. Habakuk is relevant vir ons in 2024 omdat hy, net soos ons, ontsteld is oor sy land, gefrustreerd is oor sy mense, raadop is oor sy leiers. Voortdurend is Swartz besig om nie weg te skram van die uitdaging om vandag in Suid-Afrika met so ’n geloof te leef nie. Hy sê dit soos dit is en lê dit, soos Habakuk, voor God se voete neer. Swartz verweef ook sy eie lewenservaringe met die verhaal en maak voortdurend gebruik van verskeie goeie bronne.

’n Nogtans-geloof maak dat jy nie by ’n uitkomsgebaseerde verstaan van God en geloof vashaak nie. Dit is ’n geloof wat nie van menslike omstandighede, of hoe die dobbelsteen val, afhang nie. ’n Nogtans-geloof maak jou innerlik sterk en hou jou uiterlik staande – uitdagings ten spyt.

Beskikbaar by Bybel-Media.

Ds Toit Wessels is predikant by Kraggakamma-gemeente in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top