Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Pragtige boek vir almal wat by ’n nuwe skool instap.

Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit en Johann Strauss

Uitgewer: LAPA, 2024

Resensent: Rethie van Niekerk

 

In 2022 is Ben skool toe. Nou is dit sussie Lea se beurt om grootskool toe te gaan. Na ’n week voel sy egter nie meer so vrolik nie, want Lea sukkel om maats te maak. Mamma herinner haar dat sy kosbaar is en aan God behoort.

Met pragtige illustrasies deur Johann Strauss vertel Zuléka Smit ’n verhaal, baie dieselfde as Ben s’n, wat enige nuwe leerder se verbeelding sal aangryp. Jong lesers sal herinner word dat hulle kosbaar is en moed ingepraat word vir grootskool-uitdagings.

Lea gaan skool toe is deel van ’n reeks, in Afrikaans en Engels beskikbaar. In die ander boeke lees ons van boelies en toetse.

’n Pragtige boek vir almal wat by ’n nuwe skool instap.

Beskikbaar by LAPA.

Ds Rethie van Niekerk is predikant by die NG Kerk Driehoek in Vanderbijlpark.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top