Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Brief: Oordeel trek lyne terwyl gesprek betrek

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


André Mouton van Otavi, Namibië skryf: Paul Ricoeur se “Oneself as Another” (1990) stel ’n diepgaande filosofiese raamwerk voor oor selfheid, identiteit, en anderheid, wat sterk fokus op die rol van narratief en etiek in die konstruksie van menslike identiteit.

LEES OOK | Elders gesien: Dodetal by Stilfontein bekend; hyser bring talle uit die dieptes op

Identiteit is nie staties is nie, maar word voortdurend deur die verhale wat ons oor onsself en ander vertel, gevorm.

Wil ek hê die kerk moet ek wees of ons? Die uitdaging is dat ons bestaan uit Self en Ander. Dit beteken dat ons die “ander” moet erken as ’n fundamentele deel van ons eie selfverstaan. Nie net die ander wat soos ek verstaan nie maar ook die ander wat anders is. Dit kan slegs begin met meer verdraagsaamheid deur nie net ander te aanvaar nie, maar te erken dat die ander ons help om ons eie geloof te herdefinieer.

LEES OOK | Bakengemeentes : Nagedink oor roeping en getrouheid

Selfheid bestaan altyd in verhouding tot ander en hierdie verhouding word deur verantwoordelikheid gekenmerk. Vir ons beteken dit om sensitief en verantwoordelik om te gaan as ons ons posisie stel terwyl die breër gemeenskap se behoeftes en vrese in ag geneem word.

Ons moet bewus wees van die verskille wat binne ons geledere bestaan en  ruimte skep sodat hierdie stories met mekaar in gesprek kan tree. ’n Fokus op interpersoonlike respek en dialoog kan help om polariteit te oorkom en brugbou te bevorder. Deur so ’n benadering te gebruik, kan die ons ’n dieper selfrefleksie beoefen oor wie ons is, wie ons wil wees, en hoe ek die ander wil akkommodeer.

Kom ons betrek mense by gesprek in plaas daarvan om ons eie verstaan as oordeel uit te spreek want ons bestaan uit die self en ander.

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.