Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Skermgreep: Associated Press / Via YouTube.

Elders gesien: Dodetal by Stilfontein bekend; hyser bring talle uit die dieptes op

Met ’n dodetal van 78 het die reddingsoperasie by ’n mynskag in Stilfontein vandeesweek tot ’n einde gekom, volgens die SAPD se Genl-majoor Patrick Asaneng wat Associated Press Woensdag op die toneel te woord gestaan het oor die reuse-lewensverlies te wyte aan onwettige mynaktiwiteite in dié deel van Noordwes.

Netwerk24 het Donderdag (16 Januarie) berig dat die mobiele hyser wat in die reddingsoperasie gebruik word, vandeesweek vir oulaas afgestuur word om seker te maak alle mense is uit die skag wat meer as ’n kilometer diep is.

Die operasie om vasgekeerde myners te red, het in November 2024 begin.

Dit kom te midde van die SAPD se Vala Umgodi (“Maak die gat toe”) ’n reuse-veldtog om onwettige mynbedrywigheid hok te slaan in skagte soos dié, waar sogenaamde zama-zamas teen groot risiko werk.

Die negatiewe impak wat onwettige myners op talle Suid-Afrikaanse gemeenskappe het, is een van die dryfvere agter Vala Umgodi, het die SABC verlede jaar aan die hand van beriggewing soos hieronder uit landelike Mpumalanga illustreer.


Bronne: Video: AP / Alfonso Nqunjana, Netwerk24, en SABC (7 Junie, 2024)

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Elders gesien: Dodetal by Stilfontein bekend; hyser bring talle uit die dieptes op”

  1. is dit werklik wat n christelike kerk te sê het oor die sterftes van medemense? Geen simpatie, empatie. deernis, meelewendheid of begrip vir die omstandighede van mense wat sulke gevare trotseer om hulself en hul families aan die lewe te Hou en Dan self sterf nie!

Comments are closed.

Scroll to Top