Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuut op die rak | Bakengemeentes : Nagedink oor roeping en getrouheid

Bakengemeentes: Nagedink oor Roeping en Getrouheid is gebaseer op oorspronklike navorsing binne die NG Kerk en bied insig in hoe gemeentes aanpas by veranderende omstandighede. Die werk sluit kwalitatiewe en kwantitatiewe empiriese data in, versamel deur die NG Kerk se Algemene Taakspan Navorsing, en staan in gesprek met die 2030-droomscenario wat na afloop van die Algemene Sinode van 2019 geformuleer is.

Met verhale van 26 gemeentes, sowel as insigte uit die Kerkspieël- en Predikantepaneel-vraelyste, bied hierdie boek ’n ryk bron vir nadenke oor temas soos roeping, missionale leierskap, armoede en welwese, pastorale uitdagings en sosiale innovasie.

Lees ook: Dominees pen mense-stories neer as ’n naby-kykie op ‘bakengemeentes’ by Slypskool vir Skrywers 2024

Hoewel gefokus op die NG Kerk, sal die inhoud van waarde wees vir studente en belangstellendes uit verskillende denominasies en akademiese dissiplines. Hierdie publikasie het ’n streng anonieme eweknie-beoordeling ondergaan en bied ’n unieke blik op die uitdagings en geleenthede van kerkwees in die hedendaagse samelewing.

Hierdie boek is ontwikkel in samewerking met Clairvaux Skrywershuis en die Algemene Taakspan Navorsing van die NG Kerk.

Die boek word uitgegee onder die handelsmerk Barnabas Akademiese Uitgewers, ’n afdeling van CLF Uitgewers.

Bron: CLF

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top